Headlines

THABA SKUD!

25 October 2019 · Platinum Bushvelder

THABA SKUD!

Thabazimbi – Op Vrydagaand 18 Oktober terwyl meeste mense rustig gesit en televisie kyk het, dreun die weer sonder enige wolke in die lug.

Vensters het geruk en die skudding kon vir ‘n paar sekondes gevoel word.
Nuuskierige inwoners het buite gaan kyk, of daar dalk ‘n los reënwolk is, maar daar was geen teken van reën nie.


Volgens Thabazimbi Fire Protection Association (TFPA) het die ligte skudding 3,8Mw op die Moment Magnitude skaal gemeet en die episentrum was so 10km wes van Thabazimbi.


Die skudding is nie net in Thabazimbi gevoel nie, maar so ver as Dwaalboom, Northam en Swartklip.
Vals berigte het soos 'n veldbrand versprei en onnodige paniek gesaai. Volgens gerugte, het 'n reuse sinkgat op die R511, die Thabazimbi Brits roete, ingeval. 


Ligte aardskuddings kom gereeld voor en gelukkig was daar geen skade nie.