Stap saam teen dwelms

Thabazimbi – Kom ons staan saam teen die gevare van dwelms op Saterdag 26 Oktober.
In ons dorp, Thabazimbi, is daar menige families waarvan een of meer lede in die kloue van dwelms vasgevang is.
Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) kom om 09:00 bymekaar by die parkering van die ou Standard Bank op die hoek van Van Der Bijl straat en Judith straat.
Bring plakkate en borde en kom stap saam tot by die Thabazimbi Spar en terug. Kom wys jou ondersteuning vir #drugsmustfall!
