Community

Bad ‘n brak

18 October 2019 · Platinum Bushvelder

Bad ‘n brak

Thabazimbi – Dickjolkie Hondesalon van Swartklip het op Saterdag 12 Oktober uitgereik na Thabazimbi Animal Rescue (TAR). Die honde van TAR is geskeer, gedip en die hokke skoongemaak. 


“Ons daag al die hondesalonne in Thabazimbi uit om ‘n hond of twee te bad en skeer! Baie dankie aan my personeel vir julle hulp. Julle het harte van goud,” aldus Dickjolkie Hondesalon eienaar Christine Stip. 

Van links agter: Gerrit Grobler, Jaco Stip en Heinrich Stip. Voor: Moira du Plessis.
Christine Stip hard besig om hokke skoon te maak.
Gerrit Grobler (links) en Moira du Plessis.