Schools & sport

2019 RUGBY WÊRELDBEKER  KAMPIOENSKAPPE 

18 October 2019 · Platinum Bushvelder

2019 RUGBY WÊRELDBEKER 
KAMPIOENSKAPPE 

Die groepfase games is nou iets van die verlede. Die tyd het aangebreek om die  manne van die muise te skei ou groene.

Maande – en in sommige gevalle jare – se harde werk op en van die veld deur spelers en afrigters, families wat soveel opofferings moes maak, ‘blood, sweat and tears’ is alles nou op die spel. Elke vier jaar heers daar wêreldwyd opwinding oor wie die volgende kampioenspan sal wees. 


SOVER...
Nieu-Seeland wen drie keer die beker, Suid-Afrika en Australië elk twee keer en Engeland een keer.


SATERDAG 


Die eerste kwart-finale word Saterdag gespeel:
Engeland vs Australië - 09:15
Nieu-Seeland vs Ierland - 12:15


SONDAG

  • Wallis vs Frankryk - 09:15
  • Suid Afrika vs Japan - 12:15


Japan is die span in 2019 wat die meeste vordering gemaak het, en is tans in die sewende plek op die wêreldranglys... hulle hoogste posisie ooit. Dit is ook die eerste keer dat die Japanese span kwalifiseer om in die top agt spanne te eindig... en dan boonop eerste in Groep A!

Coach Jamie Joseph en Tony Brown is twee ysters wat die Japanese ruggas op die wêreldkaart geplaas het.


Na een van die grootste rampe ooit in Japanese geskiedenis, daag daar steeds 60,000 Japanners op om hulle span te ondersteun in een van die belangrikste games teen Skotland. Die res is geskiedenis! 


Go Bokke!