Headlines

Spitskop se groentetuin wen R10,000

18 October 2019 · Platinum Bushvelder

Spitskop se groentetuin wen R10,000

Thabazimbi – Spitskop Special Needs School se vaardigheidsontwikkeling groentetuin is op Dinsdag 8 Oktober aangekondig as die wenner van ‘persons with disabilities in agriculture and rural development (PARD) awards’ se kompetisie vir die kategorie ‘top special school’.

Saam met die titel het hulle prysgeld van R10,000 ontvang.


Die tuin word daagliks gebruik vir vaardigheids-ontwikkeling van die leerders en voorsien groente aan die skool se voedingskema. Die groentetuin het wortel geskiet met slegs ‘n enkele tonnel in 2013 toe die skool sy deure oopgemaak het. 


Die leerders leer hier om groente te groei, produseer, verwerk en gaar te maak. Die terreinopsigter Abraham Mojela en die vaardigheidsontwikkeling span het die groentetuin uitgebrei tot waar dit vandag is.


Die groentetuin produseer tans groente in só ‘n mate dat dit die skool se voedingskema onderhou en aan elke leerder ‘n gebalanseerde maaltyd voorsien. Oor naweke word die surplus groente aan die gemeenskap verkoop. 


Die Spitskop Special Needs School span sal in November op ‘n provinsiale vlak in dié kompetisie meeding.

Agter van links agter: CJ Vorster, Katlego Mashale, Lebo Bhayang, Edwin Mlanga en vrywilliger Bikane Ncube. Voor van links: Thato Moidi, bestuurder Elsje Davidson, Dylan Visser, Kopo Gaitate en terreinopsigter Abraham Mojela.
Edwin Mlanga doen sy deel.