WÊRELDBEKER 2019

SA vs Italië
Die Bokke het gedoen wat Rassie van hulle gevra het en klop die Italianers gemaklik 43-3. Die Bok-vories was net één te veel vir hulle teenstanders en het ‘n goeie platvorm geskep vir die backs om te kan baljaar.
Cheslin Kolbe was weereens die angel in die bokke se aanval en word nie verniet as een van die bestes tot dusver in die toernooi erken nie.
SA vs Kanada
Die Bokke was eenvoudig net een te veel vir die Kanadese manne in die eerste helfte en wen 66-7. Die hoogtepunt van die game was die rekord wat Cobus Reinach opgestel het. Dié blits is die eerste speler ooit in ‘n Wêreldbeker-toernooi wat drie drieë in tien minute aangeteken het.
Hy het getoon dat hy moeilik uit die beginspan gehou gaan word as skrummie. Die Bokke kwalifiseer dan vir ‘n kwart-eind game.
Ander uitslae:
Australië 45 - 10 Uruguay
Engeland 39 - 10 Argentinië
Japan 38 - 19 Samoa
NZ 71 - 9 Namibië
Frankryk 23 - 20 Tonga
** Frankryk en Engeland spook dit uit om te bepaal wie eerste in Groep C gaan eindig. Die ander belangrike game is Japan teen Skotland in Groep A die Sondag.
Nag ou groenie...
