Schools & sport

HFM verdien ‘n staande ovasie!

4 October 2019 · Platinum Bushvelder

HFM verdien ‘n staande ovasie!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM)  kan met trots sê dat hulle hierdie jaar ‘n ongelooflike toneel-seisoen ervaar het. Nie net was dit een vol sukses en prestasies nie, maar ook ‘n reis waarin elke leerling en volwassene betrokke, ontwikkel het tot ‘n formidabele span.


Hulle eerste optrede was op 7 Augustus die jaar by die Thabazimbi Kunstefees se Eisteddfod waar hulle as afdeling-wenners weggestap het en die volgende toekennings ontvang het:

 

  • Tegnies: A++
  • Regie: A++
  • Stelinkleding: A++
  • Spel: A+
  • Produksie: A+

HFM was die jaar bevoorreg om op te tree by die jaarlikse Kierieklapperfees te Mokopane as deel van die Bosveld Interhoër.  

Daar neem hulle teen ses ander hoërskole deel en wen! Dié oorwinning was beslis die seisoen se hoogtepunt.

Nie net stap hulle weg met die beker as algehele wenner nie, maar behaal ook die volgende suksesse en ontvang toekennings vir:

 

  • Beste hoofspeelster – Gerdie du Plessis
  • Beste hoofspeler – William Niemand
  • Beste klank – Caronay Fouche
  • Beste beligting – Franco Loots
  • Beste regisseur – Mari van Jaarsveld
  • Wenskool – HFM

Die talentvolle toneelgroep het hul seisoen by ATKV Tienertoneel te Unisa Kleinteater op 22 Augustus afgesluit. Hierdie nasionale kompetisie stel hoë eise – en HFM het hulself oortref! 


Baie dankie aan die hoof, skool en gemeenskap vir hul ondersteuning in die pad na sukses… dit was ‘n heerlike toneel-reis!

Agter van links: JD Jordaan, Hermien Potgieter, Wilmien Schutte en Chante Lottering. Voor van links: HFM hoof Collin Campbell, Noui Annandale, Caronay Fouche, William Niemand, Mari van Jaarsveld, Gerdie du Plessis, Franco Loots, Adeleen Buys, Dirco Slabbert en Mariaan Senekal.