Schools & sport

RUGBY WÊRELDBEKER 2019

4 October 2019 · Platinum Bushvelder

RUGBY WÊRELDBEKER 2019

SA vs Namibië
Die Bokke – met dertien veranderings – was net té sterk vir die Suid-Westers en wen gemaklik met 57-3 en verdien ‘n waardevolle bonuspunt.


Lood de Jager is as speler van die wedstryd aangewys en dié ou groene het ook dan sy plek in die beginspan vir die stryd teen Italië oopgespeel. 


Schalk Brits het as cappy opgedraf vir die game en dit nogal as agsteman – ‘n ietwat ongewone posisie vir dié yster... Maar hy het sy kritici se mondjies gesnoer met ‘n puik vertoning en het van voor af gelei.


Die hele Bokgroep is duidelik gespanne oor die opkomende game teen Italië en Rassie het ook sy sterkste span gekies om op te draf. Die game sal teen druktyd al iets van die verlede wees...
Die beseerde Jesse Kriel is ‘n groot terugslag vir die Bokke en sal vervang word deur Damien Willemse. Met Willemse daar gaan Pollard dan seker die 12-trui dra.


Ander uitslae:

  • Argentinië 28 - 12 Tonga
  • Japan 19 - 12 Ierland
  • Georgia 33 - 7 Uruguay
  • Wallis 29 - 25 Australië
  • Skotland 34 - 0 Samoa
  • Frankryk 33 - USA 9
  • NZ 63 - 0 Kanada

So terloops... in die game van die All Blacks teen Kanada is geskiedenis gemaak... Drie broers het saam in ‘n Wêreldbeker wedstryd opgedraf vir hulle land.

Die Barret-broers speel toe saam en druk boonop nog elkeen ‘n drie vir NZ! ‘n Trio van formaat! Nag ou groenie...