Schools & sport

HFM krieket kraai koning(in)

4 October 2019 · Platinum Bushvelder

HFM krieket kraai koning(in)

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se krieketspanne het uitstekend gevaar tydens die kwart-finaal op Saterdag 14 September. 


HFM se meisies krieketspan het eerste gekolf en maak 115/9 in hul 20 beurte. Charne van der Berg slaan 50 lopies en Leili Steenkamp 23. Hulle boul hul opponente uit 81. Nanda van Dyk en Charne neem elkeen drie paaltjies en Abigail Visser en Line Lategan elkeen twee.

HFM wen met 34 lopies!


Die HFM o/15 seuns krieketspan het ook puik gevaar teen Hoërskool Warmbad. HFM het eerste gekolf en maak 141 lopies op ‘n moeilike kolfblad. Dewet van der Walt maak 35 nie uit nie en Charl Buys 33. Hul boul vir Hoërskool Warmbad uit vir 101 lopies. HJ van Rensburg neem vyf paaltjies vir 33 lopies en Dewet twee vir 23. HFM het met 40 lopies gewen.


Met HFM se eerste krieketspan wedstryd kry Warmbad egter die oorhand. Warmbad kolf eerste en maak 234 lopies. Franco de Klerk neem sewe paaltjies vir 67 lopies. Warmbad boul hulle uit vir 103. Anema Denton maak 24 lopies en Gustav Grobler 20 lopies. HFM verloor hierdie wedstryd met 131 lopies.

HFM dogters krieketspan.