Community

VLU Northam gee om

27 September 2019 · Platinum Bushvelder

VLU Northam gee om

Northam – Vir hul maandelikse vergadering op Donderdag 12 September, het die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak by Aandrus Kwekery gaan kuier.


Jacques Blaauw het met die lede kom gesels oor die omgewing en toerisme in hul area. Hy het die lede aangeraai om betrokke te raak in hul omgewing en hulp aan te bied met gemeenskapsprojekte. 


Daar is ook uitgereik na Thabazimbi Animal Rescue (TAR) deur hondekos en herwinbare plastiekmatjies wat die lede gemaak het, te skenk. Twee van die lede het ook vierbeen-kinders aangeneem. 


Om deel te wees van VLU Northam-tak, skakel Chantell Steynberg by 061 326 2724.

Van links: Chantell Steynberg, Hermien Grobler, Franette Pienaar, Mari Meintjes, Riana Oosthuizen, Karin Swanepoel, Madaleine Meintjes en Magda Stuart by TAR.
Jacques Blaauw spreek die lede van VLU Northam-tak toe.