STOERE STIK BY STREWE

Vaalwater – Toegerus met garing en lap het die Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe-tak Augustus aan die stik gehad, onder leiding van Riana Oosthuizen.
By die takvergadering het Karin Pieterse addisionele wenke vir brei, hekel en masjienwerk gegee.
Hul volgende vergadering vind plaas op Dinsdag 10 September. Belangstellendes kan Ilna Schutte gerus kontak by 082 774 8803.
