Laerskool Koedoeskop hou revue

Koedoeskop – Die leerders van Laerskool Koedoeskop het vanaf Dinsdag 10 September tot Donderdag 12 September ‘n bobaas revue aangebied.
Die jongklomp, wat al sedert Maart oefen, het die gehoor vermaak met hul sing- en danstalent.
Die tema vir die jaar was ‘druppels van genade’ – weens die Liewe Heer se genade oor die skool.
Trane is gestort na die laaste liedjie waar die hele skool afgesluit het met Jo Black se ‘Voel jy die genade?’ Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het tot die sukses van die produksie.
