Schools & sport

Die Posduifklub hou ‘n gholfdag

20 September 2019 · Platinum Bushvelder

Die Posduifklub hou ‘n gholfdag

Thabazimbi – Die Thabazimbi Posduifklub bied op Saterdag 5 Oktober ‘n gholfdag aan en beloof om ‘n dag vol pret en plesier te wees.

Deelnemers en hul families kan uitsien na ‘n funksie en prysuitdeling na die afloop van die dag se spel.


Die gemeenskap word uitgenooi om ‘n span in te skryf of te borg. Indien jy ‘n span borg, is jy ook welkom om by ‘n putjie ‘n uitstalling te doen.


Vir meer inligting, skakel koördineerder Nico van der Westhuizen op 081 546 5297.