Schools & sport

FINAAL 2019 CURRIEBEKER

13 September 2019 · Platinum Bushvelder

FINAAL 2019 CURRIEBEKER

Die eindstryd in Bloemfontein het sprankel-ruggas opgelewer ou grote, maar kan ook maklik onthou word as die game met twee helftes. 


Vir die hele seisoen kom die Cheetahs eers in die tweede helfte aan die gang en wis agterstande uit om te wen... Maar Saterdag in Bloem verras die Blikore die Leeus en die toeskouers en teken hulle 31 punte aan en die Leeus slegs 7 punte in die eerste helfte. 


In die tweede helfte teken die Johannesburgers 21 aan om die eindtelling op 31-28 te staan te bring wat die Vrystaters dan die 2019 Curriebeker kampioenspan maak.


Die Cheetahs het as ‘n span goed gekombineer maar ‘n paar spelers het werklik die oog gevang en mens kan maar net wonder hoe dit moontlik is dat Ox Nche en Henco Venter nie die Bokspan gehaal het nie. Die Haaie het die twee ysters se waarde so hoog geskat dat hulle in 2020 vir die Haaie gaan uitdraf. Ruan Pienaar en Clayton Blommetjies het ook puik spel gelewer en het die Transvalers lelik laat bontstaan met hulle slim skoppies en aanvallende spel.


Die fonds van die seisoen is sekerlik die jong buitesenter van die Leeus Wandisile Simelane, wat volgende jaar al vir die Bokke kan uitdraf. Tyrone Green het ook ‘n groot rol gespeel in die welslae van die Leeus uit  die agterste vesting en is beslis tans die beste nommer-15 in Suid Afrika.
Vir coach Franco was die oorwinning ‘n welverdiende afskeidsgeskenk met sy vertrek oorsee om as die nuwe nasionale afrigter van Italië in 2020 op te tree... En so kom die plaaslike ruggas dan vir eers tot ‘n stilstand.


Die 2019 Wêreldbeker skop op Vrydag 20 September in Japan af met die gasheerland wat gaan oorlog maak teen Rusland in die openingswedstryd. Suid-Afrika open hulle rekening Saterdag 21 September teen Nieu-Seeland.


Nag ou grote...
VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYDE

  • Japan 7 - 41 Suid-Afrika
  • Skotland 36 - 9 Georgia
  • Engeland 36 - 0 Italië
  • Nieu-Seeland 92 - 7 Tonga
  • Australië 34 - 15 Samoa
  • Ierland 19 - 10 Wallis