Schools & sport

Soos visse in die water

6 September 2019 · Platinum Bushvelder

Soos visse in die water

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het voortreflik presteer tydens die interprovinsiale gala gehou by Curro privaatskool in Nelspruit op Saterdag 24 Augustus.


Tristan Brits behaal twee tweede plekke in die 100m vryslag en die 100m borsslag. Quinten Steenkamp slaan ‘n sesde plek los in die 100m borsslag en Ruben Viljoen eindig ook in ‘n sesde plek tydens die 100m vryslag. Al die swemmers het ook hul tye verbeter tydens die geleentheid.

Van links: Ruben Viljoen, Quinten Steenkamp en Tristan Brits.