KunsteGrot bied aan Koebaai Koos Koebaai

Thabazimbi – KunsteGrot sien uit daarna om Koebaai Koos Koebaai, ‘n musikale verhoogproduksie deur Jacques Botes en André Kempen, op die planke te bring.
35 Jaar gelede op 15 Januarie 1984 verloor ons Koos du Plessis in ‘n fatale motorongeluk. Koebaai Koos, Koebaai… is ‘n briljante produksie gebore uit die in-diepte navorsing oor Koos du Plessis se werk en lewe. Dit is ‘n verhaal van liefde, eensaamheid en die soeke na insig van ons bestaan.
Jacques se deeglike navorsing en André se verwerkings sorg dat die vertoning gekleur word deur Koos se werk soos nog nooit voorheen vertel nie.
Die vertoning vind 5 September plaas. Bespreek jou kaartjies vandag nog!
Vir meer inligting, kontak Rita Volschenk by 083 744 8559.
