Kruiskrag gimnastiek skitter in Waterberg

Thabazimbi - Kruiskrag Gimnastiek was gasheer vir die Waterberg streekskompetisie die naweek van 17 Augustus.
Gimnastiek is ‘n individuele sport wat ure se oefening en afronding verg.
Die gimnaste het hulle staal gewys met tuimelreekse op die vloer, brug, en spronge.
Die ouer seuns het verras met hulle krag op die beuelperd en ringe. Die meisies se balans is behoorlik getoets deur hul reekse op die balk.
Gimnaste van Limpopo het met hul grasie, vernuf en krag hulle reekse uitgevoer. Polokwane se Gym Stars klub het ook die Waterberg kompetisie gebruik as ‘n vriendskaplike byeenkoms.
Kruiskrag Gimnastiek se hoë gehalte toerusting en ideale ligging maak hulle toeganklik vir alle Limpopo gimnaste.
Hulle hou ‘n fondsinsameling met Yolande Korki as gasspreker op 5 Oktober om fondse in te samel om hul sponspit te vul. Vir kaartjies skakel Ané Esterhuizen by 084 207 7207.
Vir meer inligting oor Kruiskrag Gimnastiek skakel Abraham Groenewald 079 387 0564.
