Schools & sport

Van toeka tot nou THABAZIMBI SE EERSTE KLUB RUGBYSPAN

23 August 2019 · Platinum Bushvelder

Van toeka tot nou
THABAZIMBI SE EERSTE KLUB RUGBYSPAN

Thabazimbi – Elke dorp het ‘n paar manne en manninne met rugby-bloed. Mense wat hou van die geur van gesnyde gras en die reukie van ‘n vleisie op die kole... en wanneer een van die spelers amper stamper oor die doellyn kom, hárder skreeu – want dít gaan mos die drie help gebeur.


Thabazimbi Rugbyclub is in 1935 op die been gebring. Die manne het aanvanklik op ‘n grond rugbyveld gespeel. 


Oor die jare heen, het die span sterker geword en in 1945 klop hulle die Rustenburg span vir die eerste keer – toevallig na ‘n besoek van ene kolonel Danie Craven. 


Daarna het ons bosveldspan Koster in die eindrondte van die plaaslike liga 14-5 geklop en in dieselfde jaar die Pretoria Yskor span gewen, 14-4. Hulle stoomtrein toe voort na 1945 waar Thabazimbi Rugbyklub se eerstespan die Sanlambeker en plaaslike ligabeker lig. 


Dié span het bestaan uit: J. van Niekerk, J. Cronje, F. Thuynsma, D. van Niekerk, P. Vermeulen, J. Gerber, J. Thuynsma, J. van Rensburg, C. Paterson (afrigter), C. van Aardt, N. Venter (kaptein), J. von Backstrom, P. Olivier, W. van Rensburg, C. Pistorius, F. Smith (spanbestuurder), R. Coetzee, J Mounton, en R Lottering. 


In 1949 is die rugbyseisoen afgeskop met ‘n nuwe veld. 


70 jaar later, 2019 en die span bestaan uit: Henco Swanepoel, Duan Marx, Willie Smit, Dawid Naude, Ruan Fourie, Heinie Rohrbeck, Vincent de Wet, Heinrich Herman, CJ van der Merwe, Naude Koen, Johnny van Wyk; Amri Schlebusch, Dale Sorour, Christopher Zandberg, Vernon Lategan, Danie Doubel, Wikus Marx, Juandre Havenga, Markus Peacock, Stoney Green, Nathan Fourie en Conrad Foord. James Engelbrecht en Hannes Bornman is die afrigters.


Dit is vir Platinum Bushvelder ‘n voorreg om die geskiedenis, leed en wese van Thabazimbi, Northam en nabye areas oor die jare heen te deel met ons lesers, getitel: Van Toeka Tot Nou. Ons hoofbron kom van die boek: Thabazimbi Ysterertsmyn (1931-2006) geskryf deur Anette Barnard, en word aangevul met onderhoude en foto’s.

Thabazimbi klub eerstespan, 1977 liga wenners.
Thabazimbi Rugbyklub eerstespan, 2012 Watergberg-liga wenners. 
Thabazimbi vs Nylstroom, 2015.