Schools & sport

2019 CURRIEBEKER

23 August 2019 · Platinum Bushvelder

2019 CURRIEBEKER

Griekwas vs WP
In Kimberley behaal die Diamantboere so wrintiewaar ‘n naelskraapse oorwinning van 27-23 oor die Kapenaars. George Whitehead, kaptein en losskakel van die Griekwas, was weereens die generaal en het werklik van voor gelei.

WP bevind hulle nou in ‘n tight spot; hulle moet die Vrystaat in Bloem klop en hoop die Haaie verloor teen die Bulle. Die ysters van Kimberley is nou vir die eerste keer sedert 1998 in ‘n semi-finaal en as hulle die Leeus klop is dit ‘n tuis game. WP reis Bloem toe om teen die Cheetahs uit te draf.


Pumas vs Vrystaat
Gedurende ‘n drieë-fees in Mbombela was die Vrystaters net té goed vir die moedige Pumas en wen hulle 43-17. Ruan Pienaar het ook weer vir die Cheetahs opgedraf. Die Vrystaters moet volgende teen WP in Bloem kragte meet en ‘n wen kan hulle dalk ‘n tuis semi te weeg bring. Die Pumas se seisoen is verby en hulle eindig dan nou sewende.


Leeus vs Haaie
Op Ellispark behaal die Haaie ‘n verrassende oorwinning oor die Leeus en bly net-net in die wedloop vir ‘n semi. Die telling van 30-28 getuig van ‘n baie spannende game wat in die laaste minute gewen is. Jeremy Ward het twee drieë gedruk waarvan die laaste die wendrie was. Die Leeus is tans in die derde plek met die Haaie wat by die agterdeur inglip vir die vierde plek op die log.

 
Die Leeus speel volgende teen die Griekwas in Kimberley en die Haaie moet op Fort Loftus teen die Bulle gaan uitdraf. Baie druk is op die Haaie – die verdedigende kampioene – om die een te wen en dan om ‘n semi-finaal te haal.

INTERNASIONAAL VRIENDSKAPLIK 

  • SA 24 – 18 Argentinië
  • NZ 36 – 0 Australië
  • Wallis 13 – 6 Engeland
  • Frankryk 32 – 3 Skotland


Die Wêreldbeker se afskop nog net 30 slapies! 
 
Nag ou grote – en groete vir groenie!