Oom skilpad en sy maatjies kuier by A Lo Ha Keiki

Thabazimbi – Oom Skilpad en sy maaitjies het op Vrydag 16 Augustus gaan kuier by A Lo Ha Keiki kleuterskool. Die jongspan het tjoepstil geluister en verstom toegekyk terwyl die eienaar van Reptile Incorporated, Petrus van Breda, vir hul meer geleer het oor reptiele.
Die jongklomp kon selfs ook van die reptiele en amfibieë streel en vashou! Die kinders het op ‘n interaktiewe manier meer van hierdie kosbare diertjies geleer. Die demonstrasie het beslis die kleingoed beïndruk.
Reptile Incorporated is geleë op Marakele plot 38, Thabazimbi en kan gekontak word by 079 897 5611. Hulle bied gereeld interessante gesprekke en aktiwiteite aan. Volg hulle gerus op Facebook.
