Headlines

‘n Winter vol prestasies vir Studio III se modelle

16 August 2019 · Platinum Bushvelder

‘n Winter vol prestasies vir Studio III se modelle

Thabazimbi - Rozelle Bester, wat reeds ‘n bekende gesig is in die gemeenskap, is op Maandag 8 Junie as Miss Globe SA 2019 gekroon.

Hierdie is een van die vyf grootste kompetisies wêreldwyd en die finale vind vanaf 6 tot 23 Oktober in Albanië en Montenegro plaas waar menige ander lande gaan meeding vir die Miss Globe World titel.

 
‘n Nuweling in die mode bedryf met ‘n blink toekoms voor hom is die 17 jarige Aubrey Pieterse wat op15 Junie die Mr Planet SA 2019 titel voor die ander manne se neuse weggeraap het. Aubrey gaan Suid Afrika in Oktober vanjaar in Europa verteenwoordig en ons hou duim vas dat hy die Mr Planet World titel sal terugbring.


Die 17 jarige Bianca van Niekerk is ook reeds bekend op die internasionale loopplanke en het twee internasionale titels ingepalm deur gekies te word as Model of the Planet 2018 en ook as Runway Model 2019. Gedurende 2019 het sy Face of VIP kids gedurende Fashion week in Italië gewen en ook ‘n modelkontrak los geslaan. 


Die pragtig, Lize Barnard is 15 jaar oud en is op 15 Junie gekroon is as Top Teen Model SA 2019. Sy gaan meeding vir die Internasionale titel van Top Teen Model of the World wat in Europa aangebied word vanaf 18 tot 23 September.


Yandeswa Lesenya is slegs 13 jaar oud en het op 15 Junie die Top Pre Teen Model SA 2019 titel gewen en gaan ook Suid Afrika internasionaal verteenwoordig in September 2019 in Europa.

Bianca van Niekerk
Yandeswa Lesenya
Lize Barnard
Aubrey Pieterse
Rozelle Bester