Gravitasie is ‘n mite!

Thabazimbi – Kruiskrag Gimnastiek se gimnaste het met grasie en swier gespog in die afgelope week se Suid Afrikaanse Gimnastiek Spele tussen 1-7 Oktober 2017 te Matsport Pro-sentrum in Pretoria.
Die gimnaste van Thabazimbi het saam met gimnaste van regoor Suid-Afrika deelneem. In sommige afdelings was tot 60 gimnaste per ouderdomsgroep ingeskryf. Kruiskrag Gimnastiek het pragtig presteer in hulle Limpopo monderings.
Musiek, swier, spoggerige uitrustings en sportmanskap was deel van die deelname. Geluk met elke medalje, goeie punt en ook persoonlike verbeterings.
Abraham Groenewald is die breinkind van Kruiskrag. Hy is ook die dryfveer vir die afronding van die gimnaste. Harde werk, bloedsweet en deursettingsvermoë maak van elke gimnas ‘n kampioen. In die meegaande fotos wys die grasie, swier en krag wat die vrugte is van ‘n paar jaar se werk. Getrou aan Kruiskrag se naam: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (Filippense 4:13) . Die gimnaste van Kruiskrag wys: “Gravitasie is ‘n mite” (die leuse van Kruiskrag).
