Community

Die Afrikaner beestelersgenootskap in Thabazimbi

9 August 2019 · Platinum Bushvelder

Die Afrikaner beestelersgenootskap in Thabazimbi

Thabazimbi - Beestelers het op 17 Julie van oor die hele Suid Afrika by Thabazimbi saamgetrek vir ‘n Afrikanerbees week wat gehou is by Trekpad Safaris van Pieter en Elbie de Kock.


Pieter en Elbie is die trotse eienaars van Pronk Afrikaners.


Die saamtrek het bestaan uit ‘n raadsvergadering van die bestuur van die Afrikaner-beestelersgenootskap (ABTG) van Suid Afrika, waartydens ‘n nuwe opgegradeerde standaard van voortreflikheid saamgestel en in gebruik geneem is. 


Die eindproduk van vleisbeesboerdery is beesvleis, en AfriBeef is tans besig om natuurlike veldvleis – rooivleis wat op veldtoestande geproduseer word - vleissnitte, biltong, boerewors, ensovoorts insluit beter beskikbaar te maak.


‘n Opleidingskursus is later die week gehou vir beesboere waar alle aspekte van beeskeuring en implimentering van teelwaarde syfers bespreek is. Die beste studente het sertifikate en pryse ontvang trots geborg deur Afrivet en NTK. 


Ben Foulds en Abraham Groenewald was kardinaal by die voorbereiding van hierdie kursus. Dokter Pieter de Kock, president van die ABTG van Suid-Afrika het beklemtoon dat, graan voedsel is vir mense en dat beeste die veld moet benut.

Wildsboere kan met gemak Afrikanerbeeste boer aangesien die Afrikaner nie die wild oordraagbare siektes kry nie en geskik is vir die Bosveld met al sy wild. Die Afrikaner floreer in temperature van -5ºC tot 45ºC ideaal in die Bosveld met sy hitte.

Thabazimbi Abattoir is geakkrediteer om Afribeef korrek te verwerk vir die fynproewers mark en is toeganklik vir alle beesboere in die Thabazimbi Bosveld distrik.

Al die kursusgangers wat die kursus bygewoon het onder leiding van dokter Pieter De Kock.
Van links: dokter Pieter de Kock en Henco Leicester. Henco het ‘n sertifikaat ontvang.
Van links: dokter Pieter de Kock oorhandig David Morua se sertifikaat wat die kursus geslaag het.