Kuikenden loer in by Huis Immergroen

Thabazimbi - Kuikenden Kleuterskool het op Donderdag 18 Julie by Huis Immergroen gaan kuier.
Kleinkinders is soms ver van hul grootouers af, en daar is so baie oumas en oupas wat nooit hulle kinders en kleinkinders sien nie.
Daarom het Kuikenden besluit om die grootouers te gaan bederf met ‘n kuiertjie.
Tydens die aangeleentheid het die jongklomp koek, tuisgebakte melktert en lekkergoed pakkies uitgedeel. Hul het ook die inwoners van Immergroen vermaak deur vir hul liedjies te sing en saam met hul te kuier.
Dit was vir die kinders ‘n groot voorreg om by die oumas en tannies te kon kuier.
