VAARWEL HOËRSKOOL FRIKKIE MEYER RUGBY 2019

Thabazimbi – In die hartjie van die bosveld, tussen berge en plase, lê die pragtige Hoërskool Frikkie Meyer (HFM).
Ons sê dankie vir Onse Drie Enige God vir ons gesondheid, ouers, talent, skool en sport.
Frikkies-rugby het al deur die dekades menigte spelers van gehalte opgelewer. Jaar na jaar streef ons om die beste in die kontrei te wees.
Vra enige volbloed Frikkie-rugby ondersteuner, speler of opponent en hy sal vir jou sê... Thabazimbi rugby word hoog gelys en die uitkoms van die seisoen laat die opponent en ondersteuner altyd op sy hoede wees vir die volgende ‘game’!
Ken ons darem nie baie tye hoe ons bo-oor ons opponent gestoomroller het nie? Ons deel baie herinneringe wanneer ons, ons nimlike takie vervolmaak het, die bal gejag het en ons opponent vreesloos saam aangedurf het.
Ons het saam gehak, geskrum, balle gegooi, pale toe geskop en lynstane gedoen – en jaar na jaar was daar altyd ‘n rugby toer.
Manne, wat ‘n voorreg is dit nie gewees as vriend en spanmaat tussen mekaar nie!
Dit is met trots en groot eer om na 12jaar te kan sê dat ek deel kon wees van ‘n groep dinamiese rugbyspelers! Ek wil baie sterkte en seën toewens vir almal wat volgende jaar gaan uitdraf saam met ‘n nuwe rugbyspan.
Die hoof, meneer Collin Campbell, was puik gewees met die ondersteuning van ons rugby spanne. Dankie dat meneer ons elkeen op ons naam ken en altyd positief voor elke Saterdag-wedstryd is en so óók na die wedstryd.
Die 1ste rugbyspan afrigters, menere Peer van Jaarsveld en Gustav; baie dankie vir die oefentye, toertye en wedstrydtye. Julle is altyd reg om ons fiksheid te toets, die span te help met goeie game-plan, ons voorkoms en standaard teenoor die ander skole te vorm, en elke jaar te sorg vir borge.
Ek wil graag ook van die geleentheid gebruik maak om aan die al die afrigters van Bulletjie, en graad 1 tot graad 12 te bedank. Julle het baie beteken vir die rugbyspelers deur hulle laer- en hoërskool loopbane.
Vir ons waterdraer, Tjaart Pelser, baie dankie vir jou tyd om elke middag en Saterdag ons te help. Jy is awesome!
Ons is ook baie dankbaar vir al die besighede en individue wat ons geborg het deur die jare. ‘n Spesiale dank aan 2019 se groot borge: Obaro en Renasa.
2019 RUGBY KAPTEIN: Pieter Viljoen
