Thabazimbi Kommandolede byeen

Thabazimbi – Nádat die Thabazimbi Kommando uitgefaseer is in 2010, is daar besluit dat dit weer tyd was om saam om ‘n braaivuur byeen te kom.
Die lede het saamgetrek by Kruger Roberts se jagplaas te Makoppa op Saterdag, 30 September. Stories aangaande plaasbesoeke, patrollies, opse en padblokkades in samewerking met die Polisie was onder bespreking.
Dirk Kruger, Evert Kleynhans en Gerhard de Wet het gesorg dat die glasie mampoer weer geklink word deur die manne op ‘Japie die Luiperd’ – ‘n R4 skietkompetisie tradisie.
“Ons waardeer die manne se teenwoordigheid en bedank Kruger Robertse vir die gebruik van hul lapa en braaigeriewe. Ons glo volgende jaar se reünie sal ‘n groot sukses wees,” aldus Kpl. Marieta de Wet.
