Headlines

Mnr Campbell vier 10 jaar by HFM

26 July 2019 · Platinum Bushvelder

Mnr Campbell vier 10 jaar by HFM

Thabazimbi – In 2009 het meneer Collin Campbell, Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se skoolhoof trots die drumpel van die skool ingetree. Tien jaar later is mnr Campbell ‘n reuse steunpilaar vir HFM en die gemeenskap. 

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder vertel hy: “Hierdie is vir my ‘n fantastiese tydperk in my lewe.

Ek is trots op ons leerlinge en ons universiteitstoelating getalle is puik.

Dit gaan goed by HFM danksy ons hardwerkende personeel en ondersteunende ouers.” 


Glans in die oog vertel mnr Campbell: “Ek is baie lief vir die skool, die leerlinge en die omgewing. Ek sê altyd dat die hoogtepunt van my onderwysloopbaan, was die dag wat ek by HFM aangestel is. Die afgelope 10 jaar was net die Here se genade.”

Vir mnr Campbell is die balans tussen akademie, sport en kultuur uiters belangrik. “Ek bedank ons wonderlike gemeenskap wat altyd met oop hande die skool ondersteun. ‘n Skool kan nie optimaal funksioneer sonder die hulp van die gemeenskap nie.”

Meneer Collin Campbell is al vir 10 jaar die skoolhoof van HFM.