DIE SKOU IS HIER!

Thabazimbi – Vanjaar se Thabazimbi Landbouskou vind plaas van 25 tot 27 Julie. Baie voete, vermaak en stalletjies sal aan die orde van die dag wees.
In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het skouvoorsiter, Jan Trichardt, gesê: “Die regte eienaars van die skou is ons gemeenskap.
Ons dek net die tafel en gom die beplanning aanmekaar.
Vriende van die skou is persone, besighede en instansies wat bydrae om van die skou ‘n sukses te maak. Dankie vir julle – en sterkte met almal se voorbereiding!”
Sien julle daar!
