ORPINGTON, DIE GEWILDE SKOU HOENDER

Thabazimbi – Die Orpingtonhoender is een van die mees gewildste keuses vir hoenderboere. Die eerste Orpingtonhoender, soos hy vandag lyk, is reeds in 1890 as ras geregistreer.
Dit was gewoonlik dié hoenders wat deur koninklikes aangehou is. Die hoender word mooi groot en uitgegroeide henne weeg gemiddeld 5kg en hane tot 9kg.
Orpingtonhoenders was ook die eerste keuse vir die meer welgesteldes siende dat eerste Orpingtonhoender in 1914 vir ‘n bedrag van 30 pond verkoop is.
Die buff Orpington se rekord prys in Suid Afrika vir ‘n haan was onlangs R13,000 en die buff henne verkoop vir sowat R5,000. Die buff-kleur behaal op die oomblik die beste pryse.
Orpingtons is ook bekend vir hulle eiers. Dit is ‘n groot eier en henne kan soms elke tweede of derde dag, twee eiers per dag lê.
Deur die jare heen, was daar vier kleure in die ras beskikbaar, swart, wit, koekoek en die buff kleur ‘ougoud’. Vandag is daar alreeds sestien goedgekeurde kleure wat laventel, sjokolade, blou, swart en rooi insluit. Indien jy ‘n nuwe kleur teel, moet dit vir drie jaar geskou word, voor dit as ‘n nuwe kleur geklassifiseer kan word.
Kwaliteit hoenders word slegs geteel en grootgemaak met ‘n goeie en gebalanseerde voer. Orpingtonkuikens word vir drie maande op ‘n aanvangsmeel gevoer, en daarna vir drie maande op ‘n groeivoer voor jy oorslaan na ‘n lêvoer.
Piet Strydom, ‘n hoenderboer van Thabazimbi beveel aan dat jy nie hierdie hoenders op gruis of mielies grootmaak nie. Dit bevat nie genoeg voeding om die hoender sy ideale gewig te laat bereik nie.
Dit is verbasend hoe min voer jy nodig het, vir die instandhouding van jou Orpington. Hulle sal daagliks as volwassenes ongeveer 140g voer vreet.
Gaan loer gerus by die Thabazimbi skou van 25 tot 27 Julie in, hier sal jy vele van die verskillende kleure Orpingtons sien en raad kan vra van ander Orpingtons boere.
