Community

VLU Northam beveilig hulself

26 July 2019 · Platinum Bushvelder

VLU Northam
beveilig hulself

Northam - Juliemaand was veiligheidsmaand by die Vroue-Landbou Unie (VLU) Northam-tak.


Anton Vermaak het die lede daarop bedag gemaak om niemand se hulp te aanvaar as hulle geld by ‘n kitsbank trek nie. Hy het hulle ook adviseer om eerder nie by afgeleë en onveilige plekke geld te trek nie.

Die lede is ook attent gemaak dat hul nooit enige rylopers moet oplaai nie, en altyd met die motor se deure gesluit en vensters toe, moet ry. 


Die Northam-tak het ook twee nuwe lede verwerf; Franette Pienaar en Tersia Potgieter vanaf Dwaalboom is verwelkom. 


Om deel te wees van die VLU Northam-tak of vir enige informasie, skakel Chantell 

Van links: Franette Pienaar en Tersia Potgieter, VLU Northam-tak se nuwe lede.
Desiré Janse van Vuuren bedank Anton Vermaak vir sy besoek by VLU Northam.