Trompoppies se 2019-seisoen kom tot ‘n einde

Northam – Laerskool Platina Primary trompoppies het lang ure ingesit gedurende die afgelope seisoen en ons is trots op dié dogters!
Ongelukkig het die meisies nie die nasionale kampioenskappe gehaal nie – maar dit motiveer hulle om nóg harder te werk vir 2020.
Die dogters is ook reeds besig met ‘n fondsinsamelings-projek vir 2020 en het Saterdag 13 Julie ‘n ‘Mountain Bike Fun Ride’ aangebied op Alen en Sandy McGill se plaas.
Hulle wil graag Alen en Sandy bedank vir die gebruik van hulle plaas en die voorbereidings van die verskeie roetes. Dankie ook aan Linda Vorster en Lottie van der Westhuizen met die organisering van hierdie geleentheid. Dit was ‘n lekker uitdaging vir die plaaslike fietsryers.
‘n Spesiale dankie aan die volgende borge:
- Nama o Rama
- Overland
- Oval Garage
- Viva Garage
- Koedoekuil Slaghuis
- Northam Plaza Shopping Centre
