Super Finaal

Crusaders vs Jaguares
In Christchurch klop die Saders die Jaguares 19-3 om as die 2019 Super kampioenspan gekroon te word – maar maklik was dit nie ou grote!
Die Argentyne kon net sowel hierdie finaal gewen het – as hulle die kanse benut het wat aan hulle gebied is... maar ‘as’ is verbrande hout.
Hulle het 74 duikslae uitgevoer teenoor die 172 van die Saders.
Hulle het gebiedsvoordeel gehad maar kon net nie die druk van ‘n finaal verwerk nie.
Daarteenoor was die kliniese benadering en dodelike verdediging van die Nieu-Seelanders net een te veel vir die besoekers.
Die Crusaders het nou vir die tiende keer die trofee gelig met coach Scott wat ‘n besondere prestasie behaal om dit drie keer in ‘n ry te wen in sy eerste drie jaar.
Hy is ook in die binnebaan om vir Steve Hansen as hoofafrigter van die All Blacks na die afloop van die Wêreldbeker te vervang.
Die Argentyne het bewys dat hulle saam met die groot honde kan blaf en sal aanstaande seisoen een van die groot menere wees ou grote.
Die flank Pablo Matera kon as speler van die reeks aangewys word en was weliswaar man of the match in die finaal.
Matera is ‘n uitstaande rugbyspeler wat as een van die bestes ooit in wêreld ruggas beskou sal word.
Die eerste skote op die internasionale vlak klap op Saterdag 20 Julie wanneer Suid-Afrika teen Australië op Ellispark om 18:05 gaan uitdraf.
Die All Blacks reis Buenos Aires toe om teen die Argentyne om 21:05 op te draf in die rugby kampioenskapsreeks.
