Headlines

Is julle gereed vir die skou?

5 July 2019 · Platinum Bushvelder

Is julle gereed
vir die skou?

Thabazimbi – Vanjaar se Thabazimbi Landbouskou vind plaas van 25 tot 27 Julie. Baie voete, vermaak en stalletjies sal aan die orde van die dag wees. 

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het skouvoorsiter, Jan Trichardt, gesê: “Die regte eienaars van die skou is ons gemeenskap.

Ons dek net die tafel en gom die beplanning aan mekaar. Vriende van die skou is persone, besighede en instansies wat bydrae om die skou ‘n sukses te maak.

Dankie vir julle – en sterkte met almal se voorbereiding!”


Indien jy wil adverteer in die Platinum Bushvelder se skoubylae, kontak René Laas op 073 429 9411, Reinette Nell op 081 309 3876 of Izandra Botha op 081 542 6796.