Schools & sport

HFM slaan hom vir ‘n ses

5 July 2019 · Platinum Bushvelder

HFM slaan hom vir ‘n ses

Thabazimbi – Vanaf 22 tot 25 Julie het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se o/15 krieketspan teen verskeie skole meegeding tydens ‘n kriekettoernooi by Hoërskool Wagpos.


Hulle het die toernooi afgeskop met ‘n wedstryd teen Hoërskool Brits. HJ van Rensburg maak 35 lopies en Ulrich Taylor neem vier paaltjies vir 31 lopies. HFM vat die wen met vyf paaltjies.


Hoër Volkskool Potchefstroom was die o/15 span se opponente op dag twee. Gerdro Grobler maak 38 lopies en Marcus de Aguiar neem drie paaltjies vir 46 lopies. HFM verloor egter die wedstryd.
Dag drie wen HFM vir Hoërskool Hugenote met twee paaltjies. Gerdro Grobler staan uit met 52 lopies – nie uit nie – en neem ook vyf paaltjies vir die verlies van net ses lopies.


Hulle sluit die toernooi af met ‘n wedstryd teen Hoër Volkskool Heidelberg. Gerdro Grobler kolf weer goed met 39 lopies. Ulrich Taylor, Dewet van der Walt en HJ van Rensburg neem elk twee paaltjies, maar HFM verloor ongelukkig die wedstryd.


HFM se eerste krieketspan het hulself ook bewys by die kriekettoernooi van 25 tot 29 Julie. Dag een het hulle teen Curro Hazeldean Independent School te staan gekom. Hulle het 30 balbeurte gespeel. Ten spyte van Franco de Klerk se vyf paaltjies en Gustav Grobler se 35 lopies, verloor hulle die wedstryd met twee lopies.


Op die tweede dag het HFM weereens meegeding teen Curro Hazeldean Independent School. Die keer speel hulle toe 50 balbeurte. Franco de Klerk het vyf paaltjies geneem. Craig Erasmus maak 83 lopies en Courtney Nyumakupe 73 lopies, maar hulle verloor weereens met drie lopies.


Dag drie is HFM egter meer suksesvol. Hul speel 50 balbeurte teen Hoërskool Hoogenhout. Franco de Klerk neem ses paaltjies en Gustav Grobler 57 nie uit nie. Hul wen met ses paaltjies.


Kragte word op dag vier gemeet tussen HFM en Hoërskool Uitsig. Hulle speel 30 balbeurte en HFM wen met vyf paaltjies. Tydens die wedstryd neem Franco de Klerk vier paaltjies en Craig Erasmus 33 lopies.


Welgedaan manne! 

Agter van links: Cornel Riekert, Eduard Terreblanche, Dewet van der Walt, HJ van Rensburg, Ulrich Taylor, Janko van Deventer en Marcus de Aguiar. Voor van links: afrigter Danie Fouche, Gerdro Grobler, Blaise Simpson, Tommie Swanepoel, Xavier Engelbrecht en afrigter Janco Meintjes. 
Agter van links: Maartin Benadie, Hendré Wolmarans, Dylan Nortier, JP Nortier, Craig Erasmus, PJ Bezuidenhout en Scott Denton. Voor van links: Courtney Nyamakupe, Gustav Grobler, Franco de Klerk en Anema Denton.