Lekkerbek Slaghuis nou oop!

Thabazimbi – Vir iemand met ‘n bek vir vingerleklekker biltong, cabanossi, droëwors, chilli bites, en hoë gehalte vleisprodukte – is daar goeie nuus!
Lekkerbek Slaghuis het op Saterdag 8 Junie hulle offisiële opening gevier. Kom loer in vir hul geheime resep Lekkerbek mix, hul Lekkerbek sout- en peperwors en vele meer!
Eienaar van Lekkerbek Slaghuis Edwin Beyers het self ook grootgeword in Thabazimbi. Hy het te Laerskool Thabazimbi en Hoërskool Frikkie Meyer skoolgegaan.
Die appel val ook nie ver van die boom af nie... Edwin se pa, Jan Beyers, is eienaar van Sasol in Thabazimbi en self ‘n gesoute sakeman.
“Ek het ‘n mark in Thabazimbi raakgesien om ‘n slaghuis met kompeterende pryse te begin – sommer hier op die voorstoep van Sasol Thabazimbi,” aldus Edwin.
“Lekkerbek Slaghuis se maandpakke sal jou sak pas,” sê Michelle Beyers, Edwin se vrou en mede-eienaar.
“Ons produkte word deur behendige hande voorberei en is smullekker.”
Vir meer informasie, kontak Lekkerbek Slaghuis by 014 772 1058 of besoek die winkel op die hoek van Jakaranda- en Hammerkopstraat – reg langs Sasol.
Kom kry solank die naweek se biltong happies reg vir die ruggas!
