VLU NORTHAM MAAK HUL EIE TAMATIESOUS

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op 13 Junie hul maandelikse vergadering gehou.
Lede het heerlike tamatiesous gemaak, en is beoordeel onder leiding van Celia Goosen en Mari Meintjes. Celia Goosen het ook tydens die vergadering vir die lede gewys hoe om hul eie borduurlappe te ryg.
Om deel te wees van die VLU Northam-tak of vir enige informasie, skakel Chantell Steynberg gerus
by 061 326 2724.
