Schools & sport

Thabazimbi Skopbox Klub  spog met 15 medaljes

14 June 2019 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi Skopbox Klub 
spog met 15 medaljes

Thabazimbi – Thabazimbi Skopbox Klub lede het op Saterdag 8 Mei aan die skopbokstoernooi te Kempton Park deelgeneem. 


Tussen die sewe plaaslike deelnemers, is 15 medaljes ingepalm in drie verskillende kategorieë wat punte stelsel karate, aanmekaar skerm rondtes en low kick kategorieë insluit. 


Elke deelnemer veg uit in hul onderskeie gewigsafdeling totdat ‘n wenner aangewys word. Sommige deelnemers het tot ses gevegte gehad voor ‘n wenner bepaal kon word. Daar is ‘n beginner, middel en gevorderde afdeling – vir studente met goeie ondervinding.

Lede van die Thabazimbi Skopbox Klub.