Thaba kore sing hul harte uit

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi is bevoorreg om met twee puik kore te pronk. Beide die junior- en seniorkoor het op Maandag 27 Mei aan die Sing in Harmonie koorkompetisie te Laerskool Rustenburg deelgeneem.
Laerskool Thabazimbi se kore het uitstekend gevaar en beide het deurgedring na die finale rondte wat in Oktober by Gold Reef City sal plaasvind. Baie geluk aan al die koorlede, hul puik afrigters en begeleiers!
