Thaba-haan kraai koning!

Thabazimbi – ‘n Vooraanstaande hoenderboer van Thabazimbi, Piet Strydom, het ‘n gesogte prestasie behaal toe sy haan as Suid Afrika se beste Buff Orpington haan in sy kategorie aangewys is.
Die spoggeleentheid aangebied deur die Orpington Klub van SA, het in Rustenburg op 15 Mei plaasgevind.
