Thabazimbi, wêreldklas gimnastiek!

Thabazimbi - KruisKrag Gimnastiek was op 24 en 25 Mei, die gasheer van die jaarlikse Limpopo, vlak 1-3 artistiese gimnastiek kampioenskappe.
Daar was 14 gimnastiek-klubs van regoor die provinsie wat verteenwoordig is, met 234 inskrywings. Geen moeite is ontsien om beoordelaars, afrigters en gimnaste te bederf nie.
Die direkteur van beoordelaars, Bobby Budai, wat aan die stuur van beoordeling staan in Suid-Afrika, het as hoof-beoordelaar tydens die seuns kompetisie opgetree. Bobby vertel dat hy baie beïndruk was met die standaard en professionaliteit waarmee die kompetisie aangebied is.
Dames afrigter by KruisKrag Gimnastiek, Kim Veldman, was die hoogste gekwalifiseerde beoordelaar tydens die meisies kompetisie, en het as hoof-beoordelaar opgetree.
Ongeveer 85% van die Kruiskrag gimnaste wat deelgeneem het, het Limpopo kleure verwerf tydens die kompetisie.
Hoof-organiseerder en verteenwoordiger van mans artistiese gimnastiek in Limpopo, Abraham Groenewald, het gesê hy voel bevoorreg om in Thabazimbi se gimnastieksaal, ‘n wêreld klas fasiliteit, hierdie provinsiale kompetisie te kon aanbied. KruisKrag is opreg dankbaar teenoor elke helpende hand en bring eer aan die Here vir ‘n suksesvolle kompetisie.
Vir navrae rondom gimnastiek afrigting in Thabazimbi en Ellisras, kontak Abraham Groenewald by 079 387 0564.
