Seuns vra vir ‘n verjaarsdag geskenk om bejaardes te bederf

Koedoeskop – Tiaan Kuhn en Alex Prinsloo, leerlingraad van Laerskool Koedoeskop, het met hulle verjaarsdag op 25 April sommer die hele skool uitgenooi en vir elke leerder in die skool ‘n kolwyntjie gegee.
In ruil hiervoor, het hul gevra vir nie-bederfbare kos. Die kos het hulle aan Tambotie Ouetehuis geskenk op 17 Mei.
Onderwyser by Laerskool Koedoeskop, Zaruis Janse van Rensburg, het gehelp met die insameling en die oorhandiging van die kos.
