VLU Northam-tak het pret met musiek

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op 15 Mei met hul maandelikse vergadering met FAK liedjies, Noot-vir-Noot gespeel.
Elke lid moes ook ‘n bordjie eetgoed bring wat ‘n FAK liedjie uitbeeld. Daar was lekker gelag en meegeding om pryse.
VLU Northam-tak het met groot hartseer van Marinda Gagiano afskeid geneem wat verhuis. Hul wens haar voorspoed toe en gaan haar vreeslik mis.
Om deel te wees van die VLU Northam-tak of vir enige informasie, skakel Chantell Steynberg gerus by 061 326 2724.
