Thabazimbi hengelklub durf Swartklipdam aan

Thabazimbi – Ten spyte van die reënerige weer van die vorige dag het niks die hengelaars van Thabazimbi Hengelklub gestuit om lyne te gaan natmaak nie.
Op 14 April het die vissermanne bymekaargekom by Swartklipdam vir hul maandelikse kompetisie. Baie geluk aan die volgende wenners van die kompetisie:
PENKOPPE
- Eerste plek - John Anthony Tullues
- Tweede plek - Nathan Murray
JUNIORS
- Eerste plek - Dylan Nortier
- Tweede plek - Tiaan Swanepoel
- Derde plek - Tommy Swanepoel
DAMES
- Eerste plek - Alida Nortier
- Tweede plek - Rinda Haswell
- Derde plek - Zante Nel
MEESTERS
- Eerste plek - Nicolene Heydenrych
- Tweede plek - Koos Viljoen
- Derde plek - Johann Schoeman
SENIORS
- Eerste plek - Eduan Nortier
- Tweede plek - Tommy Swanepoel
- Derde plek - JP Nortier
