Headlines

Obaro kry nuwe bestuurderes

17 May 2019 · Platinum Bushvelder

Obaro kry nuwe bestuurderes

Northam – Adri Serfontein het op 1 Maart die leisels as bestuurderes by Obaro Northam oorgeneem. “Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg! Ek is al vir twee jaar deel van die Obaro-wenspan hier op Northam.

Kliëntediens is nog altyd vir my ‘n passie en daarom is ons altyd besig om ons doelwit uit te leef om in lyn met die boer te wees – hetsy dit vir die groot of klein boerdery of vir ons dorpskliënte is.

Ons wil graag ‘n vriendelike en professionele omgewing skep vir al ons kliënte waar dit lekker is om te kom koop... en dat ons klante ook die vrymoedigheid sal hê om by ons te kom inloer met voorstelle van produkte of dienste,” het Adri in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder gesê.

Van links: Nico Botha, Barlett Phalatse, assistent bestuurder Pieter Lee, bestuurderes Adri Serfontein, Poppy Morutlwa, Omphemetse Moatse en Jaundre  Diedericks.