Community

Kevin Leo kuier by die  KunsteGrot

24 May 2019 · Platinum Bushvelder

Kevin Leo kuier by die 
KunsteGrot

Thabazimbi – Kevin Leo sal op 1 Junie gaste bekoor by die KunsteGrot met ‘n Italiaanse aand. Bring gerus die familie en kom luister – en sing – saam! 


Die vertoning begin om 19:00 en besprekings is noodsaaklik. Kostes beloop R200 per persoon en sluit ‘n ligte ete in. Indien ‘n tafel vir ses of meer bespreek word, is daar 10% afslag op die kaartjies. 


Eie drankies is welkom maar daar sal wel wyn, sap en koeldrank by die kiosk beskikbaar wees. Skakel Rita Volschenk by 083 744 8559 vir meer inligting.

Kevin Leo