Community

Een van Thaba se oudste inwoners – ‘N EEU+1 STERK 

17 May 2019 · Platinum Bushvelder

Een van Thaba se oudste inwoners –
‘N EEU+1 STERK 

Thabazimbi – Tina du Preez is in 1918 gebore en sal in Augustus vanjaar haar 101ste verjaardag vier. Platinum Bushvelder het gaan aanklop by Tina om van haar wyshede te deel. 


Tina het as jong meisie by Hoërskool Frikkie Meyer gewerk as koshuismatrone. Met ‘n vol nageslag van sewe kinders, drie kleinkinders en ses agterkleinkinders lei die ma, ouma en oumagrootjie ‘n vol lewe gevul met liefde en glimlagte.


Op haar ouderdom hou sy haar besig met lees en breek die stereotipe – want sy hou glad nie van breiwerk nie! 


Na ‘n hartoperasie is sy weer perdfris en gesond.
Op die vraag oor wat haar geheim is om 100 te haal, het sy bloot geantwoord: “Genade van Bo.”

Tina du Preez is 100 jaar oud en is hard aan die beplan vir haar 101-partytjie in Augustus vanjaar.