Schools & sport

Kom wees deel  van Thaba se Parkrun

17 May 2019 · Platinum Bushvelder

Kom wees deel 
van Thaba se Parkrun

Thabazimbi – Die Thabazimbi Parkrun is ‘n weeklikse beplande 5km stap en draf roete. Parkrun is ‘n nasionale organisasie met verskeie roetes regoor Suid-Afrika.


Thabazimbi is ook op die lys van weeklikse roetes. Deelnemers kan Saterdae oggende om 07:00 by Pondok buite Thabazimbi bymekaarkom om die roete aan te pak. Dit is gratis om deel te neem, maar aanlyn registrasies is noodsaaklik.


Discovery Vitality lede van 18 jaar en ouer kan 300 punte bymekaarmaak vir hul deelname. Gaan registreer nou op https://www.parkrun.co.za, bring jou strepieskode en jou gesin en kom stap of draf saam.


Vir meer inligting skakel Louis la Grange op 083 401 6189.