HFM vs Hoërskool Ellisras

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se hokkie, netbal en rugbyspanne sal op Saterdag 18 Mei teen Hoërskool Ellisras te HFM sportgronde meeding.
Tydens die geleentheid sal nie net die skool se spanne deelneem nie, maar oud-spelers van HFM en Hoërskool Ellisras sal ook weer hul sportskoene agter uit die kas uitgrou om teen mekaar te speel.
Die dag beloof om ‘n gesellige dag met naelbytwedstryde vir die hele familie te wees. Braai pakkies, pap en sous sal ook beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak Ninette de Jager op 076 157 4300.
