Community

VLU Northam leer macramé

19 April 2019 · Platinum Bushvelder

VLU Northam leer macramé

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 11 April vergadering gehou. 
Koekoes van der Westhuizen het gewys hoe om macramé te vleg.

Dit is die kuns om tou in patrone te knoop om dekoratiewe artikels te maak. Die VLU groep het ook Laerskool Platina se damespersoneel gaan verras met ‘n besoek.


Om deel te wees van VLU Northam-tak skakel Chantell Steynberg by 061 326 2724.

VLU Northam lede en Laerskool Platina damespersoneel.
Verskillende voorbeelde van macramé knope is gemaak