Laerskool Thabazimbi spog met hul rugby manne

Thabazimbi – Baie geluk aan die o/10 en o/11 rugbyspanne van Laerskool Thabazimbi wat as wenners uit die stryd getree het tydens die Super 8 Rugby en Netbal kompetisie op Saterdag 13 April te Polokwane.
Agt skole het deelgeneem aan hierdie kompetisie. Manne, dit wil gedoen wees!
